YieldGard®-mielies 2 bied uitstekende beheer teen Busseola fusca (Afrika-mieliestronkboorder) en Chilo partellus (die sorghumstamboorder of gevlekte mieliestronkboorder). Pluk die voordele van die tegnologie van YieldGard®-mielies 2!

Tegnologie tot jou voordeel!
Insek- en onkruidbestryding is twee kritieke aspekte van mielieproduksie. Hier kan DEKALB se tegnologie jou help om jou mielies te beskerm, wat die lewe vir jou as besige boer net ’n bietjie makliker maak. Kombineer die voordele en plant ’n baster met gestapelde eienskappe.
Ons tegnologie maak ’n verskil!
Verhoogde opbrengste

Agt uitstekende redes om YieldGard te kies
Die belangrikste motivering in mielieboerdery is om die grootste wins te maak. Gewasbeskerming met YieldGard bied:
- Die eerste doeltreffende bestryding van mieliestronkboorders wat duur vanaf aanplanting tot fisiologiese volwassenheid deur die hele plant.
- Gesonder plante wat beter bestand is teen ongunstige weer (droogte) en siekte.
- Eenvoud in gewasbestuur en beheer van stronkboorders.
- Verminderde hantering van en blootstelling aan insekdoders.
- Kostebesparing by insekdoders en toedienings.
- Tyd- en arbeidbesparing, veral gedurende die besige somermaande.
- Beter pitgehalte – minder meganiese skade en fusarium-infeksies in die are.
- Ten slotte, gemoedsrus – baie van die bekommernisse word uit bestuur gehaal.