Eienskappe

Roundup Tegnologie

Roundup Ready Technology Powermax and turbo herbicide

 

Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready®-mielies vereis bloot die volmaakte kombinasie van die regte produkte met Roundup® PowerMAX as die basis vir ’n ongeëwenaarde onkruidbeheerprogram vir Roundup Ready mielies.

Voorkom dat onkruid gewasgroei onderdruk: Roundup®-handelsmerke – Die staatmaker in onkruidbeheer 

  • Roundup® – ’n Baie doeltreffende onkruiddoder vir algemene gebruik.
  • Roundup® TURBO – Bevat Transorb-tegnologie vir vinniger opname en translokasie, en verseker reënvastheid binne twee uur ná bespuiting.
  • Roundup® PowerMAX – Vir na-opkomsgebruik as algemene bespuiting (bo-oor) of gerigte bespuiting op mielies, katoen en sojaboonkultivars wat die Roundup Ready®-geen bevat.
  • Roundup® WeatherMAX  – Die voorste onkruiddoder wat onkruidbeheer in bosbou betref.
  • Roundup® MAX – Vir algemene gebruik, korrelproduk.
Wat is glifosaat? Glifosaat is geregistreer vir gebruik op meer as 100 gewasse en is een van die mees gebruikte onkruiddoders ter wêreld.


Wie gebruik glifosaat?

Glifosaat (Roundup®) word deur groot- en kleinskaalse boere sowel as huiseienaars en tuinboukundiges vir die bestryding van onkruid gebruik. Glifosaat word wyd gebruik voordat gewasse geplant word, sodat boere in ’n skoon saadbedding kan plant. Dit kan ook ná plant en voor gewasopkoms gebruik word, sowel as ná opkoms op Roundup Ready®-gewasse. Hierdie toedienings is moontlik omdat glifosaatreste in grond, kort ná toediening van die aanbevole dosisse, nie gewasgroei beïnvloed nie weens die kombinasie van die grondbindingsvermoë, onbeweeglikheid van die produk en vinnige afbreking, wat tipies is vir glifosaat en baie uniek in vergelyking met ander kommersiële onkruiddoders.

Waar word dit gebruik?

Dit word gebruik in landbou en bosbou, op grasperke en in tuine en om onkruid in stedelike en nywerheidsgebiede te bestry.

Wêreldwyd vorm die aktiewe bestanddeel, glifosaat, die hoeksteen van onkruidbestuurprogramme op baie plase waar dit buigsaamheid bied om doeltreffende onkruidbeheer te bewerkstellig. Roundup® maak dit ook moontlik om bewarings- en geenbewerkingspraktyke makliker te gebruik, en albei landboustelsels is daarvoor bekend dat dit aansienlike bydraes lewer tot volhoubaarheid in die landbou. Glifosaat (Roundup®) is geregistreer vir gebruik op meer as 100 gewasse wêreldwyd.

Is dit veilig?

Daar is ’n oorweldigende hoeveelheid wetenskaplike getuienis wat die veiligheid en prestasie van glifosaat, die aktiewe bestanddeel in Roundup®-onkruiddoder bevestig. Op grond van die diepgaande oorsig van die omvattende beskikbare datastelle het regulerende agentskappe regoor die wêreld tot die gevolgtrekking gekom dat glifosaat nie ’n voortplantingstoksien of teratogeen (oorsaak van geboortedefekte) is nie. Daar is ook geen getuienis dat glifosaat kanker veroorsaak nie, selfs nie by hoë dosisse nie. Omdat dit nie genotoksies is nie, veroorsaak dit nie mutasies wat kanker kan veroorsaak nie. 

Daarbenewens dui anekdotiese resultate van die eerstehandse ondervinding van miljoene boere en huishoudelike tuiniers wat hierdie produk dekades lank al gebruik, op veilige gebruik. Studies het getoon dat glifosaat, wanneer dit volgens die instruksies op die etiket* toegedien word, nie vir grondinsekte, erdwurms of mikroskopiese grondorganismes skadelik is nie.

Roundup® (glifosaat) is doeltreffend in die bestryding van grasse en kruidagtige onkruide. Dit word deur die blare en sagte stingelweefsel in die plant opgeneem voordat dit deur die plant na die wortels, knoppe en bolle vervoer word. Glifosaat se unieke werking in plante behels die remming van ’n enkele ensiem wat slegs in plante voorkom. Daarom beheer glifosaat slegs plante en nie mikroörganismes of diere en insekte nie.

Aangesien glifosaat sistemies is, sal plante wat met glifosaat behandel word, oor ’n tydperk van dae of weke stadig doodgaan en geen deel van die plant behoort te oorleef nie. Glifosaat word vinnig gedeaktiveer as dit in aanraking kom met grond, aangesien dit in gronddeeltjies geadsorbeer word en dus nie deur die wortels opgeneem kan word nie.  

Aangesien glifosaat goedgekeur is vir die beheer van ongewenste plantegroei in wateromgewings, insluitende bronne wat vir drinkwater gebruik word, word daar verwag dat glifosaat soms in oppervlakwater opgespoor kan word. Dit is egter nie ingesluit by onkruiddoders wat kommer wek in watervoorraad nie, aangesien glifosaat maklik met behulp van konvensionele drinkwaterbehandelingsmetodes (wat sandfiltrasie en chlorering insluit) uit die water verwyder kan word.

Aangesien glifosaat ’n hegte verbinding met die meeste soorte grond vorm, het dit ’n lae potensiaal om deur grond te beweeg om grondwater te besoedel (VSA EPA 1993).

Glifosaatreste in water as gevolg van afwassing van aardaanwendings van onkruiddoder is gewoonlik seisoenaal en verdwyn mettertyd. In sediment word glifosaat mettertyd deur mikroörganismes afgebreek.

Verken ander gereedskap, eienskappe en tegnologie

Kontak ons verkoopspan

Roundup® bevat 360 g glifosaat/ℓ. Pas op. Reg.-no. L0407 (Wet No. 36 van 1947). 
Roundup® PowerMAX bevat 540 g glifosaat/ℓ. Pas op. Reg.-no. L7769 (Wet No. 36 van 1947). 
Roundup® TURBO bevat 450 g glifosaat/ℓ. Reg.-no. L7166 (Wet No. 36 van 1947).
Bullet® Reg. No. L5623 (Wet No. 36 van 1947).
Guardian S® EC Reg. No. L4862 (Wet No. 36 van 1947).
Harness® Extra EC Reg. No. L7703 (Wet No. 36 van 1947).

Monsanto, DEKALB®, Roundup®, Roundup Ready®, Roundup® TURBO, Guardian S® , Roundup® PowerMAX, Bullet®, Harness® Extra EC, Roundup Ready PLUS™, YieldGard®, Acceleron® en Transorb™ is geregistreerde handelsmerke van Monsanto LLC.

Pantera® is ’n selektiewe na-opkoms- emulgeerbare gekonsentreerde sistemiese onkruiddoder vir die bestryding van sekere eenjarige en meerjarige grasse, asook Roundup Ready® vrywillige mielies. Reg.-no. L6451 (Wet No. 36 van 1947). Pantera® bevat Kwisalofop-p-tefuriel (120 g/ℓ).
Skadelik. Pantera® is ’n geregistreerde handelsmerk van Arysta LifeScience  SA.

Silwet L-77® is ’n nie-ioniese  organosilikoon oppervlakaktiewe middel vir gebruik met opbrengsbeskermingsprodukte.
Reg.-no. L6145 (Wet No. 36 van 1947). Silwet® is ’n geregistreerde handelsmerk van Arysta LifeScience  SA.

• Gebruik produkte veilig. 
• Lees altyd die etiket- en produkinligting voor gebruik vir verdere riglyne.

The browser compatibility override message