- Verseker gesonde en groeikragtige saad.
- Beskerm saad en jong saailinge om ’n optimale plantestand te verseker.
- Verseker gesonde en sterk wortelontwikkeling vanaf ’n vroeë stadium om die doeltreffendheid van die gebruik van water en kunsmis te verbeter.
- Vroeë stimulasie van groei, bevorder oeslewenskragtigheid wat ’n beduidende uitwerking op opbrengs het.
- Beskerm teen plae en patogene soos onder meer stronk- en pluimbrand, mieliestreepsiekte, wat plante later in die seisoen kan beïnvloed.
- Kostedoeltreffend met ’n lae impak op die omgewing.
- Teikenspesifiek en beskerm waar dit die nodigste is, naamlik direk in die saad en saailing.
- Bied tydige beheer wanneer dit die nodigste is.
- Saadbehandelings bemark deur maatskappye soos BAYER is van hoë gehalte. Slegs die beste produkte word gebruik, insluitende polimere, wat sorg dat aktiewe bestanddele aan die saad bind, waar dit bly, stofvry en sonder om af te skuur. Op hierdie manier word die vloei van die saad ook verbeter.
Tegnologie tot u voordeel!
Acceleron® – die saadbehandelingspakket wat die prestasie van die DEKALB®-saad wat jy plant van meet af te beskerm. Deur jou saad teen ’n verskeidenheid nematodes, insekte, grond- en saadgedraagde siektes wat vroeg in die seisoen mag voorkom, te beskerm, verseker Acceleron® ‘n beter plantstand, eenvormigheid en groeikragtigheid van die saailinge en daarom ‘n verbeterde opbrengspotensiaal.
BAYER is deurentyd daartoe verbind om gehalte produkte en tegnologieë vir saadbehandeling te ontwikkel, te evalueer en te lewer wat opbrengs kan verhoog en omgewingstres kan verminder.

Celest® XL (Fludioksonil & Mefanoksaam) – L6353
Stamina® (Piraklostrobin (metoksikarbamaat) – L9382
- Breëspektrum- swamdodende pakket.
- Beheer van swamsiektes soos Phytium-spp., Fusarium-spp.
- Sluit STAMINA-swamdoder in wat swamme beheer en die groei en ontwikkeling van die saailing stimuleer.
Celest® XL (Fludioksonil & Mefanoksaam) – L6353
Stamina® (Piraklostrobien (metoksikarbamaat)) – L9382
Poncho® (Klotianidien) – L8581
Bayton® (Triademinol) – L1697
- Sluit volledige swamdodende pakket in, sowel as beheer van bo- en ondergrondse insekte wat die saad en saailing kan beskadig.
- Sistemiese werkwyse verseker die beskerming van die hele saailing.
- Bevat ook Bayton® wat plante beskerm teen stronk- en pluimbrand.
- Beskikbaar in ’n hoër dosis vir gebiede waar mieliestreepsiekte ’n probleem is.
Celest® XL (Fludioksonil & Mefanoksaam) – L6353
Stamina® (Piraklostrobin (metoksikarbamaat)) – L9382
Cruiser® Force (Tiametoksaam + Teflutrin) – L8597
Avicta® (Abamektin) – L8496
- Sluit volledige swamdoder- en insekbeheerpakket in.
- Bykomende aktiewe (abamektien) beheer nematodes.
- Abamektien maak parasitiese nematodes dood vir uiters doeltreffende beskerming van jong wortels.
- Beskikbaar in ’n hoër dosis vir gebiede waar mieliestreepsiekte ’n probleem is.