Eienskappe en tegnologie

Innovering tot jou voordeel

 

Ons is voortdurend besig om produkte te lewer wat jy as produsent produktiewer en winsgewender maak.

Vind die regte kombinasie vir jou

As ’n toonaangewende wêreldwye verskaffer van tegnologiegebaseerde toepassings en landbouprodukte wat die plaasproduktiwiteit en die voedselgehalte verbeter, glo ons dat dit belangrik is om oplossings te bied wat klein- en grootskaalse boere in staat stel om meer te produseer met minder. Plantbiotegnologie, -genomika en -teling en gewasbeskerming speel ’n belangrike rol in hierdie verband. Afgesien van hoë-opbrengs bastersaad, bied ons ook onkruidbeheeropsies wat saam met ons ander produkte soos saadbehandelings en eienskappe die grondslag vorm van geïntegreerde oplossings. Vir verdere inligting, kyk hier onder:

Gestapelde eienskappe
Ons tegnologie maak ’n verskil

Insek- en onkruidbeheer is twee kritieke aspekte van mielieproduksie. Elke DEKALB-saad bevat eksklusiewe genetika, gevorderde teeltegnieke, innoverende eienskapintegrasie en die potensiaal vir maksimum opbrengsprestasie. Ons eienskappe kan u bevoordeel deur u gewasse teen plae en onkruid te beskerm. 

YieldGard-mielies 2
Vertrou op suksesvolle insekbeheer

YieldGard®-mielies 2 bied uitstekende beheer teen Busseola fusca (Afrika-mieliestronkboorder) en Chilo partellus (die sorghumstingelboorder of gevlekte mieliestronkboorder). Pluk die voordele van die tegnologie van YieldGard®-mielies II!

Roundup Ready-mielies 2
Vertrou op suksesvolle onkruidbeheer

Suksesvolle onkruidbeheer in Roundup Ready-mielies 2 vereis bloot die volmaakte kombinasie van die regte produkte soos Roundup PowerMAX-produkte – deel van ’n ongeëwenaarde onkruidbeheerprogram vir mielies.

Opkoms sterk, opbrengs sterk
Acceleron

Acceleron – ’n eksklusiewe saadbehandelingspakket – ’n voordeel vanaf die eerste dag. Moenie dit waag om generiese beskerming op topgehalte mieliesaad te gebruik nie. Acceleron Seed Applied Solutions bied die breedste spektrum van siekte- en plaagbeskerming in die vroeë seisoen.

The browser compatibility override message