In Suid-Afrika word aartappels regdeur die jaar geplant onder verskillende en veranderende klimaats- en omgewingstoestande. Hierdie unieke toestande is ’n groot uitdaging vir aartappelprodusente aangesien aartappelaanplantings hoogs vatbaar vir siektes en plae is. Bayer se kernreeks spreek meeste van hierdie peste en plae aan. Dit is dus raadsaam om ’n volledige spuitprogram in te span om jou aartappels te beskerm.
Bayer “Much More Potatoes” is ’n unieke spuitprogram wat bepaalde voordele vir die aartappelprodusent inhou, naamlik ’n hoër opbrengs per hektaar, beter kwaliteit aartappels, ’n hoër inkomste per hektaar, beter voorkomende beheer van peste en plae en laastens, gemoedsrus in die komende seisoen.


Die “Much More Potatoes”-konsep berus daarop dat die aartappelprodusent, Bayer-areabestuurder en die agent saam ’n pasmaakprogram kan saamstel wat op ’n voorkomende wyse die produsent se unieke probleme sal aanspreek.
Die Bayer “Much More Potatoes Start”-aanbod vorm die basis van elke program en verbeter buigbaarheid tydens die ontwikkeling van die program om verskillende siektes en plae in verskillende seisoene te beheer. Die aanbod is saamgestel vir vier hektaar-eenhede. Die veiligheid van ons boere is ons prioriteit. Om hierdie rede sluit hierdie aanbod ook beskermende toerusting vir die spuitoperateur in ten einde die veilige gebruik van ons gewasbeskermingsprodukte te verseker.
Velum Prime® 400 SC vorm die hoeksteen van die aanbod om aalwurms en vroeëroes te beheer. Velum Prime 400 SC bevat 400 g/l aktief Fluopyram.
Verder bevat die aanbod ook Antracol® 70 WP, ’n kontakswamdoder wat die aktiewe bestanddeel Propineb bevat. Antracol 70 WP is hoogs oplosbaar in water en het ’n fyn partikelgrootte in vergelyking met ander dithiocarbamates. Die formulasie het ’n hoë sinkinhoud en speel ’n belangrike rol in die bestuur van sinktekorte. Antacol 70 WP het ’n multi-teiken metode van werking en beheer vroeë- en laatroes.
Die derde produk in die “Much More Potatoes Start”-aanbod is Nativo®. Nativo is ’n sistemiese suspensie-konsentraat-swamdoder met die aktiewe bestanddele naamlik Trifloxystrobin (strobilurine) (100 g a.i./l) en Tebuconazole (triazole) (200 g a.i./l) wat uitstekende vroeëroesbeheer bied.
Laastens bied die “Much More Potatoes Start”-aanbod ook Belt®, ’n blaartoegediende nie-sistemiese suspensie-konsentraat insekdoder vir die beheer van aartappelmot. Belt bevat die aktiewe bestanddeel Flubendiamied. Na inname hou die larwe dadelik op met voed, raak verlam en gaan dood.
Soos gesien kan word, bied die Bayer “Much More Potatoes Start”-aanbod die produsent baie voordele. Wanneer hierdie aanbod as basis gebruik word in ’n pasmaakprogram, sal die resultate vir hulself spreek.
Velum® Prime 400 SC Reg. No. L9565 (Wet No. 36 van 1947). Velum® Prime 400 bevat Fluopyram (Versigtig). Antracol® Reg. No. L2065 (Wet No. 36 van 1947). Antracol® bevat Propineb (Versigtig). Belt® Reg. No. L8860 (Wet No. 36 van 1947). Belt® bevat Flubendiamied (Phthaliek suurdiamied) (Versigtig). Nativo® Reg. No. L8942 (Wet No. 36 van 1947). Nativo® bevat Tebuconazole en Trifloxystrobin (Versigtig).
Velum® Prime 400, Antracol®, Belt® en Nativo® is geregistreerde handelsmerke van Bayer AG, Duitsland. Gebruik slegs volgens gebruiksaanwysings op die etiket.