By Bayer neem ons ons waardes ter harte en leef dit elke dag uit. Van respek vir mense en die natuur; integriteit, openheid en eerlikheid; en volhoubaarheid van ons optrede; tot ’n passie vir ons belanghebbers en die wil om te slaag, rig hierdie kernbeginsels alles wat ons doen en besluit wat ons neem.
Bayer werk hard om resultate vir kliënte, vennote en gemeenskappe te lewer, en ons glo dat ons die verantwoordelikheid het om reg te doen aan die omgewing, ons land en die mense wat daarin woon. Deur omgewingsvriendelike praktyke te gebruik, om te gee vir ons gemeenskappe, in onderwys te belê en verantwoordelike produkte en dienste van gehalte vir die samelewing te lewer, terwyl ons ’n kultuur van eerlikheid handhaaf, toon ons ons waardes in alles wat ons doen.
Ons werknemers is toegewyd aan ’n filosofie genaamd LIFE – leierskap, integriteit, aanpasbaarheid en doeltreffendheid – en ons werk elke dag om te hou by die Bayer-missie: Wetenskap vir ’n beter lewe.