Landbou en openbare gesondheid oorvleuel nou meer as ooit tevore, en Bayer CropScience is aan die voorpunt van albei. Met slegs een aarde om gewasse op te verbou, streef ons daarna om innoverende oplossings te lewer wat plaasopbrengs sover moontlik verhoog, oeste teen verwoestende siektes en plae beveilig en ons leefruimtes en omgewing gesond en mooi hou. Van sterk saad en eienskappe tot innoverende biologiese en chemiese gewas- en omgewingsbeskermingsprodukte lewer Bayer CropScience wetenskap vir ’n beter lewe.

Lei die revolusie
Terwyl die Groen Revolusie in die middel van die twintigste eeu ’n sukses was, staar ons wêreld vandag dringende uitdagings in die gesig waarteen elke instrument, talent en tegnologie wat ons tot ons beskikking het, aangewend moet word as ons dit wil oorkom. Uiterste weerstoestande, skommelinge in die mark en politieke onsekerheid het die nuwe norm geword. ’n Groeiende bevolking het voedsel, klere en brandstof nodig en moet gesond gehou word. Die beperkte hulpbronne van ons planeet moet verder strek as die grense van vandag en nogtans vir môre beskerm word.
Dit is tyd vir ’n nuwe revolusie in die landbou ... een wat daarna streef om wêreldwye voedselsekerheid te beskerm, voeding te verbeter en openbare gesondheid te bevorder deur innoverings wat in elke sin van die woord volhoubaar is.
Bayer staan gereed om hierdie revolusie te help lei as ’n wêreldwye onderneming wat fokus op gesondheidsorg en landbou. Ons is een van die wêreld se voorste innoveerders op die gebied van saad, gewasbeskerming en plaagbestryding
Innovering is van die grootste belang om ’n gesonder wêreld daar te stel
Die grondslag van ons onderneming is ’n wêreldklasorganisasie vir wetenskaplike ontdekkings, navorsing en ontwikkeling met ’n kragtige mandaat: om nuwe geïntegreerde oplossings te ontwikkel om boere en gemeenskappe te help om ons planeet te voed en te beskerm. Belegging in innovering is een van die beste maniere om volhoubare oplossings te bewerkstellig, en met een van die grootste navorsingsbegrotings in die onderneming brei ons ons vermoëns en pyplyn elke dag uit.
Verhoog opbrengste sover moontlik en beveilig oeste
Van betroubare saadhandelsmerke wat groot opbrengste lewer en revolusionêre eienskappe wat hulle teen onkruid, plae en omgewingspanning beskerm tot innoverende saadgroei en tradisionele en biologiese gewasbeskermingsprodukte en -dienste wat gesonde, produktiewe gewasse verseker, het die Bayer-reeks landbou-oplossings die doel om plaasopbrengste sover moontlik te verhoog en oeste te beveilig.
Hou ons planeet en ruimtes gesond en mooi
Buiten die plaas bied Bayer oplossings om plae en onkruid te bestry en die lewensgehalte en omgewing in ons gemeenskappe te verbeter. Ons aanbiedinge wat gemik is op professionele gebruikers en amateur-tuiniers help ons produkte en dienste om ons leefruimtes gesond en ons wêreld welig en mooi te hou.
By Bayer wil ons die standaard nie net deur innovasie stel nie, maar ook deur volhoubare landbou, omgewingsbestuur en deur ’n positiewe verskil te maak in die gemeenskappe waar ons woon, werk en speel.