Optimaliseer jou produktiwiteit en winsgewendheid met FieldView™

Wat is FieldView?

 

FieldView is Bayer se digitale platform. FieldView ontsluit die werklike krag van jou plaas se data deur dit intyds en op ’n interaktiewe wyse, op een skerm beskikbaar te stel. Dit help jou om vinnige, akkurate analises te doen ten einde die beste besluite te neem: hetsy om die korrekte basters vir die volgende jaar te kies, die prestasie van verskillende swamdodertoedienings te verstaan of om jou oes te bestuur.

FieldView is ’n kragtige, tog eenvoudige platform om te gebruik en is versoenbaar met die meeste toerusting. Dit laat jou toe om dadelik analises in die kajuit te doen en intydse meter-by-meter-analises van ’n afstand af te doen,  terwyl dit terselfdertyd historiese data insluit. Hierdie funksionaliteit lei uiteindelik tot laer kostes, hoër opbrengs en beter prestasie.  

Kry jou data op een plek



Versamel al jou data moeitevry op een plek vir maklike toegang. Stroom vandag se inligting direk van jou toerusting af, voer vinnig die jongste historiese data in en skep en deel verslae vinnig en maklik.

FieldView visualiseer vinnig historiese data en voeg vier jaar se satellietbeelde by sodat al jou historiese data op een plek versamel is. Die pakket kan gebruik word op die meeste toestelle en op verskillende maniere; van dag-tot-dag oesbestuur en variëteitsproewe tot saadvoorskrifte vir die volgende jaar.

FieldView bou dan hierop deur kerndata van enige werk waarmee jy tans besig is in te voer. Dit behels die invoer van die nuutste proefresultate en spuit- en gewasverslae in ’n byna onmiddellike-aksie na die iPad in die kajuit waar dit binne ’n gebruikersvriendelike en hoogs-interaktiewe sisteem gestoor word. 

Tesame met die feit dat die platform jou bystaan met die besluitnemingsproses, spaar dit ook baie moeite en word daaglikse operasionele kostes gesny. 

Ontdek waardevolle insigte oor jou lande



FieldView bied pasmaak data in jou kajuit op enige skerm en op enige tyd van die seisoen – van plant tot oes. Dit beteken hoër produktiwiteit en minder vermorste tyd, aangesien jy die volle potensiaal van jou lande se data ontsluit.

Historiese en huidige data kan vinnig op FieldView gelaai word sodat jy:

  • Jou plaas se prestasie kan analiseer per land, variëteit, behandeling en grondtipe.
  • Die volle proefplot se opbrengsdata kan sien sonder om die stroper te stop.
  • Kaarte met mekaar kan vergelyk vir ’n beter begrip van die oorsake van veranderlikes per land en, indien nodig, per meter.
  • Verkenningsdata in eenvoudige formate kan sien deur van kleurkodering gebruik te maak.
  • Meter-by-meter-inligting kan sien wat jou kan help met plantvoorskrifte, onkruidbeheer en oesbestuur.

FieldView laat jou toe om vinnige, data-gebaseerde besluite te neem, omdat groot hoeveelhede data byna onmiddellik op feitlik enige skerm in duidelike insigte omskep word.

Optimsaliseer jou produktiwiteit



Bou vinnig en maklik 'n pasmaakplan en bestuur veranderlikes met land-by-land-voorskrifte.

Met FieldView word goeie data in nuttige inligting omskep. Dit beteken goeie besluite gerugsteun deur konkrete syfers en 'n algehele boerderystrategie wat ontwerp is om elke land te optimaliseer.

Gevra oor FieldView, het Hugo le Roux, digitale aktiveringsbestuurder by FieldView Suid-Afrika gesê: “FieldView bied 'n holistiese benadering tot databestuur, en boere kan nou munt slaan uit al die beleggings wat gemaak is met ’n enkele gebruikersvriendelike platform wat hulle nie net help om geld te spaar nie, maar ook om belangrike operasionele, datagedrewe besluite te neem.”

’n Volledige pakket

FieldView bied werklik 'n koste-effektiewe, digitale boerderypakket wat regdeur die jaar gebruik kan word, ongeag die grootte van jou boerdery.

Soos die Suid-Afrikaanse boer Japie Breedt dit stel: “FieldView het my boerdery heeltemal verander. Hierdie platform stel my in staat om beter besluite vir my plaas te neem, omdat ek intydse data het.”

Teken in vir ’n gratis proeflopie

Met FieldView™ help ons boere om hul bedrywighede te vereenvoudig, winsgewendheid te verbeter, risiko te bestuur en veranderlikes aan te spreek, asook om meer doeltreffend en volhoubaar te boer. Hierdie platform bied kragtige en gebruikersvriendelike gereedskap om data te versamel en te ontleed. Gevolglik het boere tasbare data wat hul in staat stel om besluite op die plaas te neem wat kostebesparings en winsgewendheid kan verbeter. FieldView maak gebruik van al jou geskiedkundige data om 'n land-by-land en meter-vir-meter-voorskrif vir die volgende seisoen te bou.

FieldView Discover – Een jaar gratis toetsperiode

Met FieldView Discover wil ons graag ons lojale kliënte die geleentheid bied om ons produk te toets met 'n een jaar gratis subskripsie. Jy kan 'n promosiekode aanvra deur jou naaste DEKALB®-verkoopsverteenwoordiger te kontak.

As jy reeds vir die gratis proefperiode ingeskryf het, baie geluk! Ter herinnering, hier verduidelik ons hoe om ’n rekening te skep en plaaslike ondersteuning te ontvang.

Skep ’n rekening

  1. Tik climatefieldview.co.za in jou Chrome-soekenjin in.
  2. Klik op “Create account” (regs bo-aan die bladsy).
  3. Voer jou besonderhede in die vereiste velde in en aanvaar die EULA- en privaatheidsbeleid.
  4. Klik op "Create account".
  5. Jy sal gevra word om jou e-posadres te verifieer. Volg die skakel in die e-pos wat aan jou gestuur is en voer jou gebruikersnaam en wagwoord in wanneer dit versoek word.

Teken in op jou rekening:

  1. Tik climatefieldview.co.za in jou Chrome-soekenjin in.
  2. Klik op “Login” (regs bo op die bladsy).
  3. Voer jou gebruikersnaam (e-posadres) in.
  4. Voer jou wagwoord in.
  5. Klik op “Login”.
  6. Vir die FieldView-toepassing en FieldView Cab-toepassing kan jy dieselfde gebruikersnaam (e-pos) en wagwoord gebruik.

Benodig jy nog hulp?

Meer inligting kan hier gevind word: 



Hugo le Roux 

Digitale aktiveringsbestuurder en sleutelrekeninge

hugo.leroux@bayer.com

082 786 5166

 

Tiaan Venter

Noordelike streek

Digitale aktiveringspesialis

tiaan.venter@bayer.com

076 874 7021

 

Ryno Terblanche

Sentrale streek

Digitale aktiveringspesialis

ryno.terblanche@bayer.com

082 610 5369

 

Abi Helberg

Oostelike streek

Digitale aktiveringspesialis

abi.helberg@bayer.com

066 259 3284

 

Brazer Erasmus

Westelike streek

Digitale aktiveringspesialis

brazer.erasmus@bayer.com

076 425 0669

 

Hanri de Jonge

Kliëntesuksesspesialis

hanri.dejonge@bayer.com

082 563 6296

 

Ryno Alberts

Digitale Aktiveringspesialis – Suidelike Streek

ryno.alberts@bayer.com

060 979 0157

Wat sê ons boere?

Vir meer inligting, kyk van die nuttige FieldView-video’s, hier .

Kyk stap-vir-stap video’s van die FieldView Academy , wat jou sal help om al die funksionaliteite van die FieldView-platform onder die knie te kry.

The browser compatibility override message