Bayer is ’n innoveringsgedrewe onderneming met ’n lang tradisie in navorsing en ontwikkeling. Ons gebruik ons kundigheid om wêreldwye uitdagings die hoof te bied en streef daarna om mense se lewens regoor die wêreld te verbeter. Ons Bayer-groepmissie “Bayer: Wetenskap vir ’n beter lewe” is die fondament van wat ons streef om in die landbousektor te bereik. Ons bydrae tot die samelewing is gebaseer op die verskaffing van voldoende voedsel-, voer-, vesel- en hernubare grondstowwe van hoë gehalte.
Verbetering van die wêreld se voedselsekerheid
Die geleenthede en uitdagings wat die wêreldwye landbougemeenskap dryf, is ingewikkeld en skrikwekkend. ’n Groeiende wêreldbevolking, veranderende voedingsgewoontes en wisselvallige weer – om maar net ’n paar te noem – beïnvloed die landbouproduksie vandag en in die toekoms. Hoe kan ons produktiwiteit verhoog en voedselsekerheid bereik vir wat teen 2050 naby 10 miljard mense sal wees? Hoe kan ons plante help om in veranderende klimaatstoestande te floreer? Hoe kan ons die produsente, van bestaansboere tot grootskaalse boerderye, die beste ondersteun? En hoe kan ons verseker dat slegs voedsel van hoë gehalte die verbruiker bereik?
By Bayer is ons daartoe verbind om te help om hierdie uitdagings aan te pak met ons kundigheid tenopsigte van waardevolle saad, innoverende chemiese en biologiese gewasbeskermingsoplossings en dienste vir moderne, volhoubare landbou. Ons daaglikse werk – in die laboratorium en ter plaatse – fokus op hoe ons boere regoor die wêreld kan help om hulle uitdagings te oorkom. Met die “kop van ’n wetenskaplike” en die “hart van ’n boer” bring ons innoverende en inspirerende oplossings direk aan ons klante, tesame met betroubare dienste en advies. En so ondersteun ons voedselproduksie waar dit begin: op die landerye.
Terselfdertyd is ons passievol oor die toekoms van boerdery en wil ons ’n belangrike bydrae lewer. Deur ’n volhoubare produktiwiteitsverhoging te bewerkstellig, streef ons daarna om wêreldwye voedselsekerheid te bevorder. Vir hierdie doel het ons ’n holistiese vyfpuntplan vir ’n nuwe rewolusie in die landbou ontwikkel.
Toonaangewende innovering
Om die grootste uitdagings in die moderne landbou die hoof te bied verg nuwe antwoorde. ’n Hoër spanningstoleransie van plante in die lig van toenemende weerwisselvalligheid sal net so belangrik wees as die ontwikkeling van innoverende oplossings vir die bestryding van plae, plantsiektes en onkruid. Gevolglik belê ons ongeveer 10 persent van ons jaarlikse verkope in R& D, ongeveer 850 miljoen euro in 2012. Ons doel as leier van innovering in ons bedryf is om eerste en die beste oplossings vir sade sowel as chemiese en biologiese gewasbeskerming te ontwikkel. Ons bevorder ’n omgewing van samewerking tussen verskillende dissiplines, kulture en markte en werk saam met eksterne vennote. En ons erken die belangrikheid van plaaslike kennis en streef daarna om dit met ons wêreldwye kundigheid te kombineer.
Aanmoediging van vennootskappe
As ’n toonaangewende landbou-insetverskaffer, waardeer ons dat ons ’n unieke uitkykpunt by die hartjie van voedselproduksie het. Deur gebruik te maak van ons kundigheid in voedselkettingvennootskappe in die hele waardeketting, ondersteun ons verbeterde voedselgehalte en -veiligheid in meer as 30 lande. Ons doel is om produkte te ontwikkel wat nie net tot voordeel van verbruikers en grootskaalse produsente is nie maar wat ook help om die lewensbestaan van kleinboere en hulle gemeenskappe te verbeter. Ons is verder besig met internasionale projekte met etlike belanghebbers waar ons saamwerk met bedryfsvennote, regerings en nieregeringsliggame om die wêreld se voedselsekerheid te bevorder.